Karnaval van die Diere
Met: José Dias (klavier) en Mario Nell (klavier)
Teks, vertelling en sang: Niël Rademan
Die Franse komponis Camille Saint-Saëns se musikaal komiese werk Karnaval van die diere is ‘n uitbeelding van die diereryk en word met twee klaviere en ‘n verteller uitgevoer.
In hierdie bekende liedverhaal gebruik die komponis briljante instrumentale effekte om musikale prentjies te skets.
Hierdie halfuurlange werk word voorafgegaan deur ‘n program van ligter klassieke werke en sang.
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen