Die Kaalkopwaarheid – DKW en Die Wasgoedlyn

Genre: MUSIEK | STORIES

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

8 AUG, VRYDAG

Tyd

20:00

Venue

Sandbaaisaal

Prys

R220.00 | R150.00

Tydsuur

70 Min

Ouderdomsbeperking

GEEN

Die Kaalkop Waarheid (DKW) & Hanru Niemand aan die Wasgoedlyn

Die Kaalkop Waarheid (DKW) is almal wat weet se gunsteling oorspronklike Afrikaanse ‘folk’ band wat sy ontstaan in Pretoria het. Die lede bestaan uit Nardus du Plooy (liedjieskrywer), Christo Strauss (mandolien), Hanru Niemand (banjo), George Rautenbach (kitaar) en Christo Groenewald (kontrabas). Hul lied “In My Lewe” is al deur meer as miljoene geluister. SAMA nominasies en suksesse agter die blad is die groep al lank aan die gaan en stoom steeds voort soos hul treffer “Wegholtrein” die wye wêreld in.

Hanru Niemand is ’n veelsydige Afrikaanse sanger-liedjieskrywer afkomstig uit die Boland. Sedert 2003 het hy stil-stil vir homself naamgemaak onder musiekkenners en spog hy vir amper twee dekades reeds met ’n klein kultus-aanhang van musikale fynproewers wat strek van die Kaap tot die Noorde.

Van sy werke is ook al na Fins en Russies vertaal deur vooraanstaande vertalers vir die genot van oorsese gehore.

Die Wasgoedlyn se Jackie en Riku Lätti gaan ook optree. Saam met die Wasgoedlyn het Riku al dosyne albums opgeneem. Riku Lätti is bekend vir treffers soos Hoofstroom, Op die Maan en Smoorverlief. Met die Wasgoedlyn is Jackie en Riku bekend daarvoor dat hulle Alternatiewe Afrikaanse musiek ‘n platform bied. Gaan luister gerus nou na die Wasgoedlyn daar is definitief honderde kunstenaars wat jy van sal hou op die Wasgoedlyn soos David Kramer, Anton Goosen, Piet Botha, Koos Kombuis en nou natuurlik ook Die Kaalkop Waarheid

Tydsduur: 70 min

Geen ouderdomsbeperking

Nog vertonings in hierdie genre