Wie Is Ons

Visie

‘n Lewendige en inklusiewe kunstefees wat die Overstrand gemeenskap verryk.

Missie

Om Suid-Afrikaanse talent te vier en vertoon, kreatiwiteit te bevorder, en ‘n unieke kulturele ervaring aan feesgangers te bied.

Waardes

Kreatiwiteit, diversiteit, gemeenskap, inklusiwiteit, integriteit

About Kalfiefees

Die Kalfiefees Hermanus Kunstefees is ‘n geregistreerde NPC (NPC 2023/652072/08) en NPO (NPO 100-675). ‘n Direksie en ‘n bestuurspan bestuur die Kalfiefees.

Kalfiefees Gemeenskapsprojekte

Die direksie se visie is om die kunste in die gemeenskap te bevorder om ’n liefde vir kuns te kweek, want hieruit kom ons toekomstige kunstenaars en gehore. In 2024 sal die Kalfiefees sy betrokkenheid verhoog en nog meer tot die plaaslike gemeenskappe van Overstrand bydra.

Ontluikende Kunstenaars

In 2023 het die Kalfiefees dit vir plaaslike studente moontlik gemaak om in professionele vertonings op te tree, leerders van Hoërskool Hermanus het in die skool se eie produksie Skroot, deelgeneem en die Let us tell you…-produksie het plaaslike kinders (10-14 jaar oud) ingesluit.

Skroot
The Cave Theater

The Cave Theatre & Storyteam

The Cave Theatre in die Ou Hawe-museum in Hermanus is ‘n ruimte vir jong akteurs om hul vaardighede te verbeter en te ontwikkel. In 2023 het die Kalfiefees dié teater se feesprogram ondersteun. In 2024 sal wins uit kaartjieverkope aangewend word om hierdie kreatiewe ruimte verder te verbeter.

Skooltasse & Skryfbehoeftes

Ons skooltas- en skryfbehoefteprojek vir behoeftige graad 1-leerders maak aan die begin van elke jaar ‘n groot verskil. In 2023 is die opbrengs van ons boekbekendstellings ook gebruik vir ‘n projek in Zwelihle en Mount Pleasant waar vrywilligers weekliks vir kinders voorlees.

Die Bron Laerskool