Rooidag: N.P. van Wyk Louw getoonset en gesing
Die US Woordfees-wenner vir beste musiekgedrewe produksie in 2018.
N.P. van Wyk Louw het gesê dit is die taak van die kunstenaar om die blinde drif en verlange van sy groep deur sy hele wese in te neem, om alles wat nog vaag of bloot intellektueel is in sy eie hart gestalte te gee en om dit dan eenvoudig in skoonheid weer te gee.
Sy intellektuele nalatenskap is ongekend. Leon Gropp beeld sy gedigte en skrywe op ’n magiese musikale manier uit.
Met: Leon Gropp (sang en kitaar), Marcel Dednam (klavier)
Teks: Leon Gropp
Komponis/Oorspronklike musiek: Leon Gropp
Tydsduur: 70 min
Geen ouderdomsbeperking