Swerwersongs

Genre: MUSIEK | STORIES

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

8 AUG, VRYDAG

Tyd

16:00

Venue

NG Kerk, Hermanus

Prys

R220.00

Tydsuur

70min

Ouderdomsbeperking

GEEN

SWERWERSONGS MET PIETMAN GELDENHUYS EN ANNA DAVEL

Pietman Geldenhuys en Anna Davel se paaie kruis al vir jare. Op verhoë waar klomp kunstenaars saam musiek maak, langs ‘n kuiervuur tydens ‘n feestelikheid, by troues van vriende, begrafnisse van musieklegendes en toekenningsgeleenthede waar hulle glase klink op wenners en verloorders en op die lewe.

Pietman het eens op ‘n tyd sy brood verdien as ‘n trekkerdrywer, verkoopsman, kelner en straatmusikant. Anna was ook ‘n kelner, het gewerk as ‘n kolligoperateur, verhoogbestuurder, eiendomsagent en was ‘n soldoedie vir 2 jaar. Dit skep die agtergrond vir baie interessante afdraaipaaie.

Dis tyd om die kampstoele uit te pak, ‘n vuurtjie te maak en die twee saam te gooi in ‘n heerlike mengelmoes van songs en stories oor ‘the road less travelled”. Die gehoor kan uitsien na Davel en Geldenhuys se oorspronklike Afrikaanse musiek, asook meer bekende musiek oor vêr plekke van o.a. John Denver , Billy Joel en The Fureys.

Tydsduur: 70 min

Geen ouderdomsbeperking

Nog vertonings in hierdie genre