Marion Monroe

Genre: KOMEDIE

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

2 AUG, SATERDAG

Tyd

19:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R220.00

Tydsuur

70min

Ouderdomsbeperking

Alle Ouderdomme

Marion Monroe met MARION HOLM

NB! Dit is nie ernstig nie, net snaaks

Shakespeare het geskryf: “What’s in a name? That which we call a rose by any other name would smell just as sweet.” Is Marion Holm steeds Marion Holm, al noem mense haar Nicole Holm? Bly Marion ’n vrou al noem mense haar meneer? En as Marion ophou om ’n aktrise te wees en soms van die verhoog af ’n ander karakter vertolk – is sy dan net ’n leuenaar?

Dié alombekende komediant en aktrise het in 2024 haar terugkeer in die derde seisoen van die kykNet-trefferreeks, Nêrens, Noordkaap gemaak.

Dit was juis tydens die verfilming van die reeks wat die inspirasie vir haar nuutste eenvrouvertoning aan haar deur kom klop het.

“My karakter is redelik vaal. Ek het nie wonderlik gelyk nie. Een van die mans in die tegniese span het my Marion Monroe begin noem. Dit was eintlik so gepas, al was dit tong in die kies gesê”, vertel Marion.

Haar produksie gaan juis oor ‘n naam, joú naam!

Maak jou naam jou wie jy is? Die vertoning bevat allerlei stories oor die dinge wat jou maak wie jy is as mens.

Marion is nie onseker oor haar roeping as komediant nie. Sy is daar om mense te laat lag en te laat vergeet van die swaarkry in die lewe.

“Ek probeer dit so lig as moonlik hou in my vertonings – ek bly weg van politiek praat.”

Sy loop egter nie katvoet rondom uitdagende onderwerpe nie. Sy begin dié solostuk deur aan die gehoor te vertel hoe dit met haar bure se hondjie gaan, die een wat hééldag blaf……..

“Baie mense noem my mos meneer, ek kan dit nie verstaan nie. Jy kan my maar meneer noem, ek bly Marion – ‘n vrou. So ook kan jy my maar Marilyn Monroe of ‘n boef noem, dit is bloot nie wie ek is nie. Ek gaan nie aanstoot neem nie, want ek laat dit nie toe nie.”

Kom kry die antwoorde in Marion Monroe, maar wees gewaarsku: Dit is nie ernstig of diep nie; net snaaks.

Tydsduur: 70 min

Geen ouderdomsbeperking

Nog vertonings in hierdie genre