Kameras, konserte & kleedkamerstories
Die vertonig is ’n klets en skets konsert en Lizz vertel van die woelinge en waansin, die tragedies en triomfe , die chaos en kreatiwiteit , die beroemdes en berugtes , die vreugdes en vertwyfelings van ’n lewe as aktrise.
Sy onthul die ver paaie se reis – plaaslik en internasionaal, die vreemde kleedkamers, verhoë, film- en tv stelle , die soms vreemde gedrag van gehore , luisteraars, kykers en die bewonderaars .
In hierdie uiters vermaaklike stuk , vol verrassings oor die vermaaklikheidsbedryf , kry die gehoor ’n agter-die-skerms ervaring soos nog nooit vantevore.
’n Stroom karakters uit haar skeppende skatkis maak hul opwagting – dis vars, dis slim, snaaks en soms meer ernstig . Dis warmhartig, deernisvol en uiteindelik die storie van oorlewing en belewing – die verhaal van die aanslae, gelukskote , opslae en wenslae van die lewe waarmee elkeen kan indentifiseer.
Tydsduur: 70 min
Geen ouderdomsbeperking