Verlangebos

Genre: WOORDKUNS / MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

7 AUG, DONDERDAG

Tyd

12:00

Venue

NG Kerk, Hermanus

Prys

R220.00

Tydsuur

70 min

Ouderdomsbeperking

GEEN

VERLANGEBOS

Kom verwonder jou aan die skoonheid van die Afrikaanse Woord en Lied.

Die ou juweel, “My Sarie Marais”, kry ‘n amperse jazz-baadjie en André Terblanché se innige vertolking daarvan roer die hartsnare.

Volksmusiek – ou wysies en woorde – kry nuwe betekenis.

Nic de Jager – deurwinterde radioman met sy meesterlike aanslag op taal – vervleg gedigte en teks met melodieë uit die FAK en Liedermusiekskat, wat musiekregisseur en pianis, Rina Goldberg saamgestel het, om die siklus van die lewe uit te beeld.

Hierdie wonderskone produksie sal oud en jonk betower en siels-tevrede laat.

Tydsduur: 70 min

Ouderdomsbeperking: Geen

Nog vertonings in hierdie genre