Hortjies dig – die storie van digter Peter Blum
(Ter viering van Peter Blum se 100ste geboorteherdenking)
In die vyftigs word Peter Blum geloof as die belangrikste digterstem van die dekade, maar sommige vind sy werk “dekadent” en praat van ‘n “maaierkultus” in die verskuns.
In 1960 verruil hy en sy vrou, Hetta SA vir Engeland. “Uit walging” skryf hy.
Hy keer sy rug op die skryfkuns, besoekers is weinig en Hetta se geestestoestand raak wankelrig. J.C. Kannemeyer skryf: “Enige mens sal na ‘n lewe lank saam met Blum mal geword het.”
Met brontekste wat briewe en verse van Peter en Hetta insluit, trap ons in die spore van ‘n sonderlinge figuur van ons letterkunde.
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen