Seun

Genre: DRAMA

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG, SATERDAG

Tyd

12:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R250.00

Tydsuur

90 min

Ouderdomsbeperking

PG13

SEUN

REGISSEUR: Nico Scheepers

AKTEUR: Wilhelm van der Walt

BOEK: Dana Snyman

TEKS: Johann Smit

VERVAARDIGERS: Leftfoot Theatre Productions

Vir baie mens was die 1980’s gewoon ‘n dekade soos al die ander – die van braaivleis, rugby, sonskyn en Chevrolet.

Vir hulle was die lewe goed. Vir baie ander was die 1980’s ‘n bitter moeilike en gevaarlike tydperk. ‘n tyd van ontreddering. En ‘n tyd wat vrae gewek het.

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s.

Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig.

Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ‘n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ‘n gewese bediendekamer in Pretoria.

Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ‘n seun ‘n man? ‘n Seun wat nie ‘n meisie se aandag kan trek nie? ‘n Seun wat nie goed genoeg is vir die weermag nie?

Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. Dit is ‘n aangrypende relaas oor grootword tydens die doodsnikke van ‘n politieke stelsel, oor manlikheid en oor eer, en oor die liefde wat uiteindelik alles oorkom.

“‘n Brawe besinning oor die lang skadu’s wat belewenisse uit die verlede tot in die hede bly gooi. Met helder, gedistilleerde beskrywings maak Snyman hier ‘n stuk geskiedenis staan wat enersyds herkenbaar universeel, maar andersyds ook verbasend persoonlik is. Seun laat jou met ánder oë na Snyman se skryfwerk kyk.” – Thys Human

Na afloop van die vertoning: Ontmoeting met Dana Snyman

Tydsduur: 90 min

Ouderdomsbeperking: 13 jaar en ouer

Nog vertonings in hierdie genre