Pinotage & die Klank van Afrikaans – ’n Unieke sintuiglike reis
In 2025 het ons vier redes om feestelik te wees: Kalfiefees vier sy 25ste bestaansjaar, Jak de Priester herdenk amper 25 jaar in die Afrikaanse musiekbedryf, Afrikaans as amptelike taal word 100 jaar oud, en Pinotage – Suid-Afrika se eie trots – vier ook sy eeufees.
Hierdie eksklusiewe aand neem jou op ’n reis deur die sintuie: Jak de Priester se treffers bring nostalgie, romanse en verlange, terwyl Barto Eksteen se meesterlike wyn- en kosparing elke noot en woord komplementeer. ’n Tafel is meer as net ’n plek om te eet – dis waar stories vertel en herinneringe geskep word.
Met wyn in die hand, musiek in die ore en stories in die hart, vier ons saam eeue van kultuur, taal en passie. Maak seker jy mis nie hierdie eenmalige viering van Afrikaans en Pinotage nie – ‘n aand van wyn, woord en wonder.
Tydsduur: 150 min
Geen onder 18