Marinda Engelbrecht kook ‘n storm los tydens haar nuutste boekvrystelling.
Marinda gaan ons gaste bederf met ‘n paar disse uit haar nuutste boek, Maklik met Marinda.
Hierdie heerlike boek bevat nostalgiese huiskos, sonder fieterjasies of vreemde bestanddele, wat jy in ’n japtrap kan voorberei en sy gaan ons wys presies hoe!
Gesprekleier: Nadine Petrick, gesoute spesialis in bemarking en kommunikasie, met dekades se ondervinding in onderwys, media en die uitgewerswese, sal met haar gesels, so tussen die eenvrou-kosmaak-vertoning deur!
Verwelkomingsdrankie en ete ingesluit.
Kontantkroeg beskikbaar.
Tydsduur: 120 min
Ouderdomsbeperking: Geen