LEVINIA TIEKIEDRAAI
Met: Margit Meyer-Rödenbeck en Deon van Zyl
Teks: Margit Meyer-Rödenbeck na gelang van Verna Vels se stories
Regie en Vervaardiging: Margit Meyer-Rödenbeck
Haai oe julle stoute kabouters, wat gebeur as Liewe Heksie deelneem aan Blommeland se eie “Strictly come dancing”? Weet sy dan ooit wat ‘n wals is? En wat gebeur as Levinia die belangrike taak kry om die Silwerroos op te pas? Die Geelheks wil so graag haar kloutjies daarop kry, sodat al die blomme in Blommeland kan doodgaan. Maar Liewe Heksie sê sy beskerm die Silwerpapawer met haar lewe.
Wanneer Margit Meyer-Rödenbeck (Levinia, teks en regie) en Deon van Zyl (Karel Kat, Geelheks, Koning Rosekrans) Verna Vels se stories vir die verhoog verlewendig, spring hulle met mag en mening in en so ook die gehoor, want daar is hope gehoordeelname Hierdie duo wat Verna Vels se verhale verlewendig, is al talle kere genomineer vir beste kinderteater (kykNET Fiësta & Fleur du Cap) en het twee keer die KKNK KANNA toekenning vir hierdie genre ontvang.
Aktrise Jana Cilliers het by Aardklop een van hulle vertonings bygewoon en haar woorde:”As grootouer met jou kleinkind aan jou sy, bly dit met Margit aan die stuur ń verwondering om te sien hoe sy of dan te wel liewe Heksie, dit so mateloos regkry om net die beste uit daai seuntjie of dogtertjie te laat gebeur as hul die verhoog betree! Kosteloos. Audience perfection is haar voorland. En dan groot dankie ook aan Verna Vels????”
“Senuwees en Skater. Impromptu teater op sy beste. Kinderteater het duidelik ‘n doel: nie net om iets aan kleingoed te bied nie, maar ook om verstokte siele weer in sprokies en spel te laat glo.” Marianna Malan- Die Burger.
Tydsduur: 60 Minute
Ouderdomsbeperking: GEEN