Werksinkel: Kom maak jou eie Musiekvideo.
Ontdek bekostigbare maniere om jou eie musiekvideo te maak – met minimale toerusting en maksimum kreatiwiteit! Hierdie unieke werkswinkel neem die vorm aan van ‘n gesellige gesprek om ‘n tafel waar sangers hul lied opneem en hul video verfilm – alles binne net twee dae!
Jou kaartjie sluit alles in: die werkswinkel én professionele musiekvideo-vervaardiging deur Pierre en Pauli Produksies.
Datum: 4-5 Augustus 2025
Tye: 9:00 – 16:00 (2 dae)
Bring jou piekniekmandjie vir jou eie middagete om 12:30 tot 13:00 of besoek “Brood” koffiewinkel net om die draai.
Koste: Spesiale aanbieding vir die Kalfiefees seisoen: R3500 p/p vir die twee dae.
Dag 1 neem ons jou liedjie op
Dag 2 verfilm ons jou musiek video
Grimering beskikbaar deur Louwina Makeup artistry teen Kalfiefees spesiale aanbieding.
Kotak haar by 071 179 6053
Tydsuur: 7 ure x 2dae
Ouderdomsbeperking: Geen