Katrien die King en die Kween

Genre: KABARET

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG, SATERDAG

Tyd

18:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R250.00

Tydsuur

70 MIN

Ouderdomsbeperking

GEEN

KATRIEN, DIE KING EN DIE KWEEN

‘n Kabaret-blyspel

Met Elzabé Zietsman, André Schwartz en Tony Bentel

Vervaardig deur Drama Drama Produksies

Katrien, ’n voormalige kabaretster, en haar man, Donovan, is al ’n ewigheid vasgevang in die alledaagsheid van ’n dorpie sonder drome. Hul leënessindroom en ou verwyte maak hul dae lank en hul nagte stil. Wanneer die flambojante en geheimsinnige Merve onverwags uit Kaapstad opdaag en met sy klavier in die ou huis langs hulle intrek, word Katrien en Donovan se vervelige roetine op sy kop gekeer. Deur humor, nostalgie en met splinternuwe musiek van David Kramer, word die karakters gekonfronteer met hul verlore drome, wankelende huwelik en die moontlikheid van nuwe hoop.

Elzabé Zietsman het Johann Slabbert gevra om ’n kabaret te skryf waarmee sy kan hulde bring aan David Kramer se liedjies. Nadat Kramer die storie gelees het, het hy voorgestel dat hierdie storie en sy karakters ’n “mini-musical” word waarvoor hy die musiek sal skryf. En so is Katrien, die King en die Kween gebore.

Kom vroeg: Vir Fynbos Wynproe

Tydsduur: 70 min

Geen ouderdomsbeperking

Nog vertonings in hierdie genre