Karoolady

Genre: KABARET

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

4 AUG, MAANDAG

Tyd

12:00

Venue

Skybar

Prys

R150

Tydsuur

70min

Ouderdomsbeperking

Geen

Na die depressie van 1930 gaan werk sy in Kaapstad. As hoofhuishoudster is dit omtrent landuit vir ‘n meisie van die Karoo. Maar ons plaasmeisie vind gou die lady in haar en dans deur die strate! Sy is terug plaas toe en die jonkmans begin spoedig opsitkers hou. As wafferse boervrou kon sy vye inlê soos min! Januarie 1981 tref die Laingsburgvloed en hulle huis spoel heeltemal weg. Met geloof en net die klere aan haar lyf staan sy op en gaan aan soos net mense uit die Karoo kan. Met ‘n lag en ‘n traan neem hierdie eenvrouvertoning jou op reis deur die mooiste binne en buite Karoolandskap.

Lancea Crafford, in die rol as die ”Lady” bring hierdie kabaret tot lewe wat jou op reis neem deur die mooiste Karoo. Lancea is gebore en getoë op Laingsburg en voltooi haar Bdram Honneursgraad aan die Universiteit Stellenbosch. Sy werk as aktrise, skrywer en regisseur op radio en die verhoog. Karoolady beloof om die gehoor nie onaangeraak te laat nie, want sy word ons elkeen se ouma, ma en vriendin.

Tydsduur: 70 min

Geen ouderdomsbeperking

Nog vertonings in hierdie genre