Tannie Evita is net weke weg van 90. Nogsteeds die bekendste wit vrou in Suid-Afrika, glo sy nog vas dat ons moet onthou vanwaar ons kom, sodat ons die toekoms kan omhels en beter maak.
As ANC lid besef sy hoe belangrik haar Luthuli-huis kombuis is: die pad na ‘n politikus se hart gaan nie deur sy brein nie, maar deur sy maag!
Sy balanseer haar koeksisters en bobotie met herinnerings van Mandela, Mbeki, Zuma and Cyril. Fidel Castro en die Konining van Engeland maak ook ‘n draai.
Tannie se fokus is optimisme en landsliefde. Sy gebruik twee van ons twaalf offisiële tale.
Tydsduur: 70 min
Ouderdomsbeperking: Geen