Dana en Bun gesels
Dana Snyman se Seun en Bun Booyens se Troep vertel verskillende stories van dieselfde tydperk in ons land se geskiedenis. Dana brei in Seun uit oor dinge waaroor hy nie graag voorheen geskryf het nie, en in Troep gee Bun ‘n stem aan honderde soldate wat in die grensoorlog nog bloot kinders was. Kom proe ook ‘n bietjie bier saam met Honingklip!
Tydsduur: 60 min
Geen ouderdombeperking