Breyten word onthou
Een van ons land se grootste geeste het op 24 November 2024 gesterf: Breyten Breytenbach – digter, aktivis, dramaturg, kunstenaar, se nalatenskap is op vele vlakke ongeëwenaard en die kultuurlandskap is vir altyd armer sonder hom. Verskeie digters soos Daniel Hugo, Tom Dreyer, Riku Lätti, Churchill Naudé en Maletta Fourie, kom bymekaar tydens ‘n spesiale huldigingsbyeenkoms om dié besonderse Suid-Afrikaner se talent en menswees te eer. Sop en sjerrie word ook tydens die byeenkoms bedien.
Sluit sop en sjerrie in.
Tydsduur: 60 min
Geen ouderdomsbeperking