Binnerym van bloed
Een van ons grootste literêre ikone, Antjie Krog, skryf in Die binnerym van bloed, oor die komplekse verhouding tussen haar en haar skrywersma, Dot Serfontein. Dis haar persoonlikste boek nóg, wat ondere andere die kreatiewe invloed, ideologiese verskille en die realiteite van oudword ondersoek, terwyl ander kwessies soos ras en grondbesit onder die vergrootglas kom. Susan Booyens gesels met Antjie oor dié genre-oorskrydende boek.
Sluit sop en sjerrie in.
Tydsduur: 60 min
Geen ouderdomsbeperking