Addict
Milton Schorr was skaars 17-jaar oud toe hy vir die eerste maal heroïen ingespuit het, maar dit was helaas nie sy eerste kennismaking met dwelms nie. Sigarette, alkohol, dagga, Mandrax, LSD, Ecstasy en crack was als op die spyskaart, met winkeldiefstal en pornografie as toegif in sy deurmekaar, jong lewe. Vandag, twee dekades nugter, vertel hy in Addict oor sy reis na die dood, en terug na die lewe. Juliana Coetzer is die gespreksleier.
Tydsduur: 60 min
Geen ouderdomsbeperking