‘n Misdaad op elke boekrak
Of dit fiksie of ‘n ware lewensdrama is, maak nie saak nie, wanneer daar ‘n misdaad gepleeg word, staan lesers reg om die boek te koop.
Hoekom is misdaadfiksie so gewild? Jonathan Amid vra reguit vrae aan Bettina Wyngaard (oor haar nuutste Nicci de Wee-roman Knal); joernalis Julian Jansen (oor die storie agter die moord van Deveney Nel); DeWet Bisschoff oor sy debuut, Die Kubermoorde en PP Fourie oor sy tweede krimi, Die dood van Rachel April.
Tydsduur: 60 min
Ouderdomsbeperking: Geen