Wat koop ek vir my kind/kleinkind om te lees?
Hoe kry ek die kleinspan aan die lees?
Kom luister na die raad van drie van ons land se voorste kinder- en jeugboekskrywers, wat meer oor hulle nuutste boeke vertel, maar ook oor wat húlle dink, kinders van vandag se leesspiere kielie.
Gesprekleier: Kinderboekkenner en oudbibliotekaresse, Magdel Vorster, tree in gesprek met drie Overstrandse skrywers – Wendy Maartens, Philip de Vos en De Wet Hugo.
Tydsduur: 60 minute
Ouderdomsbeperking: Geen