Vyftigers

Kalfiefeesprogrambekendstelling | Die Vyftigers

Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen, Abel Kraamsaal
Genre:

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

27 April

Tyd

19:00

Venue

NG Kerk, Hermanus

Prys

R 220

Tydsuur

80 Minute

Ouderdomsbeperking

Geen

Die VYFTIGERS – Neil Sandilands, Schalk Joubert, Gian Groen, Abel Kraamsaal

Hierdie jaar is Afrikaans amptelik 100 jaar oud. Die Kalfiefees word 25 jaar oud. Tussenin is die Vyftigers. Dis nou mense wat hierdie jaar, in 2025, presies 50 jare om die son sal vier. Só, mooi in die middel, waar al die aksie lê.

Neil Sandilands en Schalk Joubert word 50. Gian Groen & Abel Kraamsaal het pas hulle 50ste verjaarsdae gevier. Die manne skryf en speel mos ook hul eie musiek, nie waar nie?

Ons gaan hulle almal saam op ’n verhoog kry vir ’n aand – waarin ons die afgelope 25, 50 en 100 jaar sinvol tot orde kan roep, dekonstrueer, vier en inasem. In hierdie klein en nederige reus van ’n taal, Afrikaans.

Dit kán en sál gedoen word. Neil Sandilands, Gian Groen, Schalk Joubert en Abel Kraamsaal het koppe bymekaargesit en tree op, vir die heel eerste keer as “Die Vyftigers”. Mens kan nie ’n beter geleentheid verbeel om die volheid van tyd in te drink nie. Kom maak mee, vriende. Sien julle op Vryheidsdag 27 April by die Kalfiefeesprogrambekendstelling in Hermanus.

Nog vertonings in hierdie genre

No Post Found.