Vier panado’s en ‘n Chardonnay

Elzabe Zietman, Tony Bentel
Genre: KABARET

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG VRYDAG

Tyd

12:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 220

Tydsuur

75 min

Ouderdomsbeperking

Geen o.16

VIER PANADO’S EN ’N CHARDONNAY MET Elzabé Zietsman en Tony Bentel. TEKS EN REGIE: Johann Slabbert. MUSIEKREGIE: Tony Bentel. VERVAARDIGER: Drama Drama. In hierdie kabaret, ook bekend as Ek het al so baie my *** gesien, ek is bang vir ***** , vier Elzabé Zietsman haar en haar mede-Suid-Afrikaners se veerkragtigheid. As ons val, staan ons op. As die mat onder ons uitgeruk word, maak ons ’n paar bollemakiesies en land op ons voete. As die wêreld om ons verander, pas ons aan. En as die wêreld om ons heeltemal uitmekaarval, drink Mamma vier Panado’s en ’n glas chardonnay en Pappa steek die vuur aan. Môre probeer ons weer.

Nog vertonings in hierdie genre