Vêr van hier

Anna Davel, Graeme Lees
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG VRYDAG

Tyd

20:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 195

Tydsuur

75 min

Ouderdomsbeperking

Geen

VÊR VAN HIER MET Anna Davel. MUSIEKREGIE: Graeme Lees. VERVAARDIGER: Anna Davel. As musikant reis ’n mens die land en soms die wêreld vol – partykeer in besigheidsklas op ’n oorsese vlug, of dalk in luukse toerbusse met lugreëling; ander kere is dit stowwerige road trips, oor grondpaaie en kronkelroetes heen. Never a dull moment, maar uit elke avontuur word ’n song of ’n storie gebore. Kom geniet ’n musikale verskeidenheid so reg in Anna se styl oor onverwagse lewensreise. Die gehoor kan uitsien na stukke wat dié bekroonde kunstenaar die afgelope 20 jaar opgeneem het, asook splinternuwe liedjies, spesiaal opgediep uit vergete laaie. Als natuurlik met stories van onbeplande afdraaipaaie tussendeur.

Nog vertonings in hierdie genre