Pretprater

Elsabe Aldrich
Genre: KLETSKOMEDIE

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG VRYDAG

Tyd

10:00

Venue

Hawston Sekondêr

Prys

R 180/150/100/60

Tydsuur

50 min

Ouderdomsbeperking

Geen

PRETPRATER MET Elsabe Aldrich. In die eenvrouvertoning Pretprater raak Elsabé guitig (en selfs stuitig!) oor die lekkerte en gekkerte van vrouwees in 2024. Dié motiveringspreker glo aan die genesende krag van lag en floreer op die energie tussen haar en ’n gehoor. Sy gesels geestelik en geestig, maar sy preek nie – al praat sy by geleentheid ook Sondae in kerke. Elsabé lees dolgraag en fynkam die suksesliteratuur vir wenwenke oor sprankelverhoudings en innerlike oorwinning oor papgeklaptheid. Sy is bekend vir haar dramatiese uitrustings en lewer nie net ’n toespraak nie, sy gooi ’n hele show.

Nog vertonings in hierdie genre