Ouma is op pad

Margit Meyer-Rodenbeck, Coenraad Rall
Genre: KOMEDIE

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG VRYDAG

Tyd

16:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 195

Tydsuur

75 min

Ouderdomsbeperking

Geen O.13

OUMA IS OP PAD MET Margit Meyer-Rödenbeck en Coenraad Rall (klavier). TEKS, REGIE EN MUSIEK: Jurgen Human. MUSIEKREGIE: Coenraad Rall. VERVAARDIGER: Arena Produksiehuis. Ouma kom van Garies, en soos die meeste mense van daardie wêreld, is sy ’n formidabele vrou. In die Knersvlakte word jy nie groot met luukshede soos doekies omdraai nie. Sy het al twee mans begrawe, maar haar bure vermoed die laaste een het net ingesluimer. Met dié dat haar kleindogter nou in die stad werk en sy af en toe moet gaan kuier, kom Ouma agter daar’s baie dinge wat sy nie ken nie. Een daarvan is takt …

Nog vertonings in hierdie genre