n Vuur gevang in glas (rooiwyn proe ingesluit)

Amanda Strydom, Coenraad Rall
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

11 AUG SONDAG

Tyd

11:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 220

Tydsuur

70 min

Ouderdomsbeperking

Geen o.14

’N VUUR GEVANG IN GLAS MET Amanda Strydom en Coenraad Rall (klavier). TEKS: Hennie Aucamp en Amanda Strydom. REGIE EN VERVAARDIGER: Amanda Strydom. MUSIEKREGIE: Coenraad Rall. Amanda Strydom lewer met hierdie vertoning ’n kragtoer met die werke van haar mentor, Hennie Aucamp, die vader van Afrikaanse kabaret. Aucamp is oorlede op 20 Maart 2014, en hierdie vertoning is Strydom se eerbetoon aan haar meester tien jaar ná sy dood. Strydom en Lize Beekman het Aucamp se liedtekste getoonset, en die gelyknamige album is in 1998 benoem vir ’n Sama-prys vir die beste klankbaan in ’n musiekblyspel. Strydom vertolk ook verskeie monoloë en liedjies uit Aucamp se pen. Die resultaat? Egte literêre kabaret.

Nog vertonings in hierdie genre