Moord met ‘n T

Tobie Cronjé, Ignatius van Heerden, André Lotter LW!! akteur by
Genre: KOMEDIE

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

10 AUG SATERDAG

Tyd

16:00

Venue

Sandbaaisaal

Prys

R 220/190/150

Tydsuur

70 min

Ouderdomsbeperking

Geen

MOORD MET ’N T MET: Ignatius van Heerden, André Lötter en Tobie Cronjé. TEKS: Braam van der Vyver. REGIE: Lihan Pretorius en Johan van der Merwe. VERVAARDIGER: Leftfoot Theatre Productions. Die popmooi winkelassistent Leksie Pieterse se stinkryk vroetelpappie, Bakkies Barnard, sterf in haar bed. Terwyl Cruella, die jaloerse weduwee, net oor haar erfporsie begaan is, dui die feite op ’n liefdesdriehoek – altyd ’n resep vir moord. Speurdersersant Wihan Beyleveld stel vas dat Bakkies vergiftig is, en by die lykshuis kry hy met die eienaardige opsigter Klaas van der Broeken te doen. Nuwe vrae ontstaan: Is Bakkies wel dood? Indien nie, wie is die spook wat nes hy lyk, en wie se lyk is in die lykshuis? Nog iets: Waar pas PJ die privaatspeurder in? En hoe het die gif in Bakkies se lyf gekom? Moenie dié skreeusnaakse speurdrama misloop nie.

Nog vertonings in hierdie genre