Moedersmelk

Pierre & Pauli Produksies
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

8 AUG DONDERDAG

Tyd

18:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 180

Tydsuur

75 min

Ouderdomsbeperking

Geen

MOEDERSMELK MET Pierre en Pauli van Niekerk. VERVAARDIGER: Pierre en Pauli Produksies. In egte kabaretstyl vier die Van Niekerk-duo Afrikaanse musiek van toeka tot nou. Die sangpaar bespreek en besing die room van ons Afrikaanse kunstenaars wat gesorg het vir die soetste moedersmelkmelodieë: Chris Blignaut, Gé Korsten, Koos du Plessis, Kurt Darren, Karen Zoid, Anton Goosen, Die Briels, Laurika Rauch, Steve Hofmeyr, Theuns Jordaan en vele meer. Tussendeur vertel Pierre en Pauli ook stories en deel hul persoonlike ervaring as trots Afrikaanse kunstenaars. Kom proe saam aan die vertroude smaak van Afrikaanse musiek. Alles klink immers soeter as jy dit hoor in die taal wat jou ma gepraat het terwyl jy aan haar boesem gelê het.

Nog vertonings in hierdie genre