Magda Louw

Desiré Gardner
Genre: KOMEDIE

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

10 AUG SATERDAG

Tyd

10:00

Venue

Hawston Sekondêr

Prys

R 180/150/ 100/60

Tydsuur

65 min

Ouderdomsbeperking

Geen o.16

MAGDA LOUW MET Desiré Gardner. TEKS EN VERVAARDIGER: Desiré Gardner. REGIE: Hannes van Wyk. PRODUKSIEBESTUURDER: Nelius Ferreira. Magda Louw bevind haar in haar herfsjare op nasionale televisie, en skielik is sy nie net meer die tannie in die straat nie, maar die tannie in mense se sitkamers, en nou ook die tannie op die verhoog. Wat sal sy kwytraak as die mikrofoon in haar hand gedruk word? Wat is haar siening oor gewig, sosiale media, die plooie oor haar décolleté, reis – en sommer rys ook? Sal sy die paar kilo’s kan afskud voor haar optrede, en hoe de hel gaan sy al haar woorde onthou? Miskien is daar ’n bietjie “Magda Louw” in elkeen van ons. Kom kuier saam met Desiré Gardner en besluit self of daar ’n Magda Louw in jou eie huis, skool, kerk of dorp is! Lekker lag en ’n goeie dosis inspirasie word gewaarborg.

Nog vertonings in hierdie genre