Koor skouspel met Jannie Moolman

Jannie Moolman, Pro-Musica, Hoërskool Hermanus, Curro
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

3 AUG SATERDAG

Tyd

16:00

Venue

NG kerk Hermanus

Prys

R 200/100

Tydsuur

150 min

Ouderdomsbeperking

Geen

Pierre en Pauli Produksies bied aan: Koor Skouspel met Jannie Moolman. Bekende tenoor, Jannie Moolman, gaan sorg vir `n onvergeetlike musiekervaring waar hy saam met 3 spogkore van Hermanus gaan optree. Jannie het studeer onder die hand van Suid-Afrika se beste musikale mentors, soos Gudrun Barella, Martia Napier en Eric Miller. In 1992 word hy ‘n solo-kunstenaar by die Pretoria Staatsoperahuis. Hy maak sy debuut by die Kaapstad-opera as René in Die Graaf van Luxemburg in 1994, waar hy ook in verskeie ander operas gesien word. Deur die jare heen het hy verskeie toekennings ontvang: Die FNB Vita Life-toekenning vir die belowendste sanger vir die rol van Arturo in Lucia di Lammermoor (1992), asook die Staatsoperahuis / SAA Operastigtingstoekenning (1993). Jannie het tweede plek behaal in die Marsala Internasionale Sangkompetisie in Italië en het ook die FNB Vita Life-toekenning ontvang vir die beste vertolking deur ‘n manlike sanger (1997). Die kore wat gaan optree is Pro-Musica Koor o.l.v. Louna Stofberg, Hoërskool Hermanus Koor o.l.v. Annemarie Rautenbach en die Curro Cantare Dogters-Kamerkoor o.l.v. Maike Skein. Elke koor gaan hul beste werke ten toon stel, terwyl Jannie tussendeur die gehoor met sy goue stem gaan bekoor. Die skouspel word afgesluit met `n massakoor uitvoering met Jannie Moolman as solis.

Nog vertonings in hierdie genre