Kamphoer

Sandra Prinsloo
Genre: DRAMA

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG VRYDAG

Tyd

14:00

Venue

Sandbaaisaal

Prys

R 220/190/150

Tydsuur

75 min

Ouderdomsbeperking

Geen 0.14

KAMPHOER MET Sandra Prinsloo. REGIE: Lara Foot. VERVAARDIGER: Theatre Rocket. Moontlik gemaak deur KunsStig. Dié soloproduksie is gegrond op die debuutroman Kamphoer deur Francois Smith en die niefiksiepublikasie The Boer Whore deur Nico Moolman. Sandra Prinsloo vertolk die uitdagende rol van Susan Nell, wat tydens die Anglo Boereoorlog (1899-1902) saam met haar ma in die Winburg-konsentrasiekamp beland waar sy wreed verkrag en vir dood agtergelaat word. Sy oorleef, ontsnap en word in ’n grot weggesteek deur ’n Sotho-egpaar wat haar verpleeg tot sy gesond is. Later kwalifiseer Susan in Nederland as psigiatriese verpleegster, en reis tydens die Eerste Wêreldoorlog na Engeland vir diens in ’n militêre hospitaal. Haar pad kruis met een van haar verkragters, nou ’n pasiënt, en Susan word weer gekonfronteer met die pyn en vernedering van haar verlede.

Nog vertonings in hierdie genre