Hartkamer

Jak de Priester
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

2 AUG VRYDAG

Tyd

18:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 220

Tydsuur

90 min

Ouderdomsbeperking

Geen

HARTKAMER MET: Jak de Priester. MUSIEKREGIE EN VERVAARDIGER: Jak de Priester. Ná vier jaar stel Jak de Priester ’n nuwe album bekend. Onder sy huis in Somerset-Wes het hy sy ateljee omskep in ’n intieme, kreatiewe ruimte waar hy sy liedjies skryf en gereeld laataand-optredes vir ’n gehoor van 20 mense aanbied – vandaar die titel: Hartkamer. Jak bring die musiek van hierdie nuwe album na vanjaar se Kalfiefees en sing nuwe liedjies, waaronder “Klein Saterdag”, “Hartenbos”, “Dit is lekker om te weet”, “In Somerset-Wes”, “Die trein”, “Kaalvoet Mona Lisa”, “Nothing to Lose” en vele meer.

Nog vertonings in hierdie genre