Hans gee Herklaas horings

Tobie Cronje, Ignatius van Heerden
Genre: KOMEDIE

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

11 AUG SONDAG

Tyd

14:00

Venue

Sandbaaisaal

Prys

R 220/190/150

Tydsuur

80 min

Ouderdomsbeperking

Geen

HANS GEE HERKLAAS HORINGS MET Tobie Cronjé en Ignatius van Heerden. REGIE: Tobie Cronjé. VERVAARDIGER: Leftfoot Theatre Productions. RSG-luisteraars het vasgenael voor die radio gesit en luister hoe Tobie Cronjé lewe gee aan Rudie van Rensburg se karakters in die Hans-boeke. Tobie was ook te sien in die rolprentweergawe van Hans steek die Rubicon oor. Nou kry teatergehore die geleentheid om Tobie in lewende lywe op die verhoog te ervaar in ’n gedramatiseerde voorlesing en verwerking van Hans gee vir Herklaas horings. Ignatius van Heerden voorsien die radiobyklanke in ’n produksie wat beloof om gehore te laat skaterlag.

Nog vertonings in hierdie genre