Gestroop

Niël Rademan
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

10 AUG SATERDAG

Tyd

12:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 195

Tydsuur

60 min

Ouderdomsbeperking

Geen

GESTROOP MET Niël Rademan. Niël sing Afrikaanse volksmusiek en ballades In dié vars en opwindende musiekproduksie. Hy vervleg dit met Europese liedere en melodieë waarvoor hy bekend is – dis Afrikaans met ’n internasionale kabaretklub-klank soos lanklaas gehoor: die klanke van klavier, trekklavier en mondfluitjie. Rademan het 20 jaar gelede gedebuteer met herinterpretasies van liedere soos “Sawends” deur Jan Pohl en die immergroen “Boereseun” van Danie Bosman. Vanjaar keer hy terug na sy wortels en voeg ’n reeks nuwe liedere – vertalings, sowel as musiek uit sy eie pen –hierby. Word weggevoer op die maat van swing, tango, samba en selfs ’n setees. Niël sing, vertel stories van sy pad tot hier en begelei homself op die klavier en trekklavier, net soos jare gelede.

Nog vertonings in hierdie genre