Doep is nie dood nie (sop en sjerrie ingesluit)

Jannie du Toit, Susan Mouton, Chanie Jonker
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

11 AUG SONDAG

Tyd

17:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 250

Tydsuur

75 min

Ouderdomsbeperking

Geen

DOEP IS NIE DOOD NIE MET Jannie du Toit (stem en kitaar), Susan Mouton (tjello) en Chanie Jonker (klavier en akkordeon). VERVAARDIGERS: Jannie du Toit en Carl Theunissen. Koos du Plessis se lewe en musiek word gevier in dié huldeblykkonsert met Jannie du Toit. Die program bevat ’n formidabele versameling liedjies en tekste van Koos Doep, soos hy alom bekend was, en beklemtoon hoe relevant dié geliefde sanger en liedjieskrywer se kreatiewe nalatenskap vier dekades ná sy dood bly. Met die oog op die veertigjarige herdenking van Koos Doep se sterfdatum is Doep is nie dood nie in Januarie vanjaar (2024) deur RSG uitgesaai, waarna die radiostasie oorval is met navrae vir ’n heruitsending. Kom beleef die ongeëwenaarde nalatenskap van Afrikaans se grootste liedjieskrywer, eksklusief by die Kalfiefees.

Nog vertonings in hierdie genre