Dik Deurmekaar

Mel die Storieverteller
Genre: KLETSKOMEDIE

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

6 AUG DINSDAG

Tyd

18:00

Venue

Munisipale Ouditorium

Prys

R 170

Tydsuur

60/70 min

Ouderdomsbeperking

Geen o.14

MEL DIE STORIEVERTELLER – DIK DEURMEKAAR MET Mel die Storieverteller. TEKS EN VERVAARDIGER: Melanie du Toit. MUSIEK: Wesley West. Dik Deurmekaar laat die lyne tussen skerp skerts en ’n verhalende eenvrouvertoning vervaag. Mel vertel van die eerste keer toe sy die gevoel van “deurmekaargeid” ervaar het in Juffrou Draak se klas; hoe sy vrede moes maak met die feit dat alles, veral matriekafskeide en haarstyle, ’n hengse deurmekaar spul is. Mel gee ook haar opinie oor die onbegryplike obsessie met visvang en ander se seksuele oriëntasie, en deel snaakse waarnemings van “straight couples”, die landslied, slimfone en “fancy” karre. Soms is die lekkerste deel van die vertoning om ’n bietjie gek te skeer met gehoorlede, en dan duik nuwe grappies so tussendeur die stories op.

Nog vertonings in hierdie genre