Die Keiser Se Nuwe Klere

Story team
Genre: KINDERTEATER

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG VRYDAG

Tyd

10:00

Venue

Waldorf Skool

Prys

R 50

Tydsuur

50 min

Ouderdomsbeperking

Geen

DIE KEISER SE NUWE KLERE. AFRIKAANS (Ouderdom 6 – 80 + jaar). TEATER (Story Team Hermanus). Skrywer en Regisseur: Celeste Slabber-Loriston. ‘n Nuwe en opwindende weergawe van die bekende verhaal. Keiser Krullebol het ‘n probleem. Sy kleremaker is in Frankryk, sodat sy poedel Frans kan leer! Wat nou? Die Keiser het ‘n nuwe kostuum nodig vir sy verjaarsdag wat reeds môre is! Gaan Google hom kan help? Dalk die Flambojante kalante of Glitteratie vir ‘n partie? Dalk Willie die skelm hofnar? Willie wil nie regtig help nie, maar toe hy hoor dat die keiser se nuwe kleremaker met al Keiser Krullebol se duurste juwele gaan werk, maak hy ‘n stoute plan om die juwele in die hande te kry. Gaan Wilma sy mede-hofnar sy skelm plan uitvind? Gaan Keiser Krullebol ‘n nuwe towerkostuum kry? Gaan Willie se plan slaag? Kom geniet hierdie opwindende interaktiewe teaterstuk wat oud en jonk sal geniet.

Nog vertonings in hierdie genre