Blackbyrd

Tarryn Lamb, Tasché Burger, Natasha Zaaiman
Genre: MUSIEK

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

10 AUG SATERDAG

Tyd

20:00

Venue

Sandbaaisaal

Prys

R 220/190/150

Tydsuur

60 min

Ouderdomsbeperking

Geen

BLACKBYRD GENRE MET Tarryn Lamb, Tasché Burger en Natasha Zaaiman. Die musiekgroep BlackByrd is terug met twee nuwe lede! Die oorspronklike lid Tarryn Lamb is steeds daar, maar met die nuwe lede Tasché Burger van The Voice-faam en Natasha Zaaiman van Die Kontrak aan haar sy, beloof dié trio ’n besonderse luisterervaring. Die groep se eerste enkelsnit, “Didn’t I”, was ʼn gesamentlike poging uit die drietal se eie penne. “Die liedjie is in my tuin geskryf!” verklap Tarryn oor dié country-popliedjie wat sy ook as “ʼn baken van hoop” beskryf. Volgens Tarryn, wat bekend is vir vorige BlackByrdtreffers soos “From the bottom of my heart” en “Better in the morning”, beteken “Didn’t I” ʼn nuwe begin vir die trio vroue wat die groep nou op sy nuwe reis neem. Kom luister na dié goedvoel-nommertjie en meer – net by die Kalfiefees!

Nog vertonings in hierdie genre