Birthing Nureyev

Ignatius van Heerden, Penny Wolhuter
Genre: DANS

Let asb: Die ‘Bespreek Nou’ skakel maak ‘n nuwe blad oop

Datum

9 AUG VRYDAG

Tyd

18:00

Venue

Whale Coast Theatre

Prys

R 200/100

Tydsuur

55 min

Ouderdomsbeperking

All Ages

BIRTHING NUREYEV MET Ignatius van Heerden. TEKS: Henque Heymans. REGIE: André Odendaal. VERVAARDIGER: Leftfoot Dance Productions. Rudolph Nureyev was Rusland se voorste balletdanser toe hy op 16 Junie 1961 deur die vingers van sy bewaarders glip en na die Weste uitwyk. Hierdie dans-geïnspireerde teaterwerk fokus op Nureyev se uiters dramatiese oorlopery en die KGB se verraderlike pogings van agter die ystergordyn om sy loopbaan te vernietig, tesame met sy wonderlike sukses in die Weste. Ongeag sy roem en fortuin was Nureyev verpletter toe sy vaderland hom van hoogverraad aangekla het. Nog meer ontstellend was die onvermydelike vervreemding van sy geliefdes. Hierdie teaterervaring kombineer die gebruik van fynkuns-animasie, dans en teks om gehore te betower met Nureyev se ongelooflike storie.

Nog vertonings in hierdie genre

No Post Found.